Polisie steeds op soek na man wat 2 seuns doodry

Die polisie is steeds op soek na ʼn bestuurder wat twee seuns in Kaapstad omgery het, en toe weggejaag het.

ʼn Saak van strafbare manslag is oopgemaak na Sanilsiwe Magqadeni (7) en sy boetie, Lethu Mfengwane (2) omgery is terwyl hulle Sondagaand in die N2 Gateway behuisingskema huis toe geloop het. Ao November Filander, woordvoerder van die polisie, sê inwoners verdink die eienaar van ʼn wit BMW wat te vinnig gery het. Honderde inwoners het Maandag in Abedaleweg, waar die twee seuns dood is, betoog. Hulle het binnebande aan die brand gesteek en die pad met klippe versper. Hulle eis dat die stad spoedhobbels installeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.