Polisie stuit klopjagte op Mandela-liefdadigheidsorganisasies

Saps-ls10-320x224Senior bestuurslede van die polisie het ʼn stokkie gesteek voor beplande klopjagte op liefdadigheidsorganisasies wat verband hou met oudpresident Nelson Mandela, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Hoëvlakpolisiebeamptes was na bewering bekommerd dat die klopjagte op die Nelson Mandela-stigting, die Nelson Mandela-kinderfonds en die Nelson Mandela Trust glo ʼn verleentheid sou veroorsaak.

Na dié besluit is ʼn brief van die Valke aan die organisasies, sowel as sommige familielede van Mandela gestuur waarin die Valke finansiële state eis.

Oupa Ngwenya, die woordvoerder van die kinderfonds se uitvoerende hoof, Sibongile Mkhabela, het bevestig dat hulle ʼn brief ontvang het. “Die rekeningstate van die Nelson Mandela-kinderfonds by Nedbank is beskikbaar vir die publiek en is in die jaarlikse algemene verslag van 31 Maart 2013 vervat,” het Ngwenya gesê.

Volgens Ngwenya en woordvoerders van die ander organisasies, is afskrifte van die briewe ook na Mandela se prokureur, Bally Chuene, gestuur. Die briewe hou glo verband met aanklagtes van bedrog en vervalsing wat teen Mandela se voormalige prokureur, Ismail Ayob, gemaak word.

In Julie, is ‘n hofaansoek vir die verwydering van George Bizos, Tokyo Sexwale, en Chuene as direkteure van Harmonieux Investment Holdings en ​​Magnifique Investment Holdings van die hofrol geskrap.

Die aansoek is deur Mandela se dogters, Makaziwe Mandela en Zenani Mandela-Dlamini, gebring.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willy ·

Ja dan kon daar gesien word watter hande in daardie till is.
Ek is baie versigtig aan wie gee ek donasies.

Trippie ·

Stem !

Indien dit ‘n Blanke organisasie is, gee ek graag … verder is my geldjie veilig in my “gatsak” !

Sarie van Niekerk ·

En wie gee die hoevlakpolisieeamptes om te verhoed dat die Valke hulle werk doen? Daar moet ‘n goeie rede voor wees as hulle klopjagte of die kamma liefdadigheidsorganisasies wou uitvoer. Of dit nou ‘n verleentheid sou veroorsaak of nie, dit is hulle werk. Ek is oortuig daarvan hier kan ‘n saak van dwarsboming van die gereg uitgemaak word teen die hoevlakpolisiebeamptes. Maak asseblief hulle name bekend?

Eben ·

Stem Sarie, en glo dis n verleentheid vir die anc se korrupte lede! Waar vuurtjie, moet rokie wees …… Lekker laat die mense vir hulle kry!

a.lombard ·

Die skenking aan die Mandela kinderfonds alleenlik van uit Nederland is miljoene deur die jare en gaan steeds voort.

President Mandela sal nie weet wat is in die fonds nie, aangesien hy nie self by die Admin. betrokke is nie. Maar aangesien dit ‘n kinderfonds is…wil ons graag weet welke kinder instansies het hulp ontvang, en waarom moet op TV vir kinders hulp versoek word vir groot mediese probleme, hierdie fonds kan help met die probleme ? dit moet bekend word hoe veel in die fonds is en welke hulp in die afgelope belasting jaar gelewer is en die instansies betrokke. Ook wil ons weet of al die bevolkingsgroepe uit die fonds hulp ontvang of is dit net eensydig.

Indien die President sterf, wie gaan dan die fonds beheer?

Die selfde vraag word ook gestel van die Lotte…hoeveel direkteure? name bekend asb. hoeveel personeel…en salarisse voledig. Wie beheer die LOtto, en ook publisering welke instansies gehelp was in die afgelope jaar. Wat is tans in die fonds, en wie het die beslissing vir die kontrak in hande?

Maggie ·

A Lombard ek sal ook bitter graag wil weet waar gaan al daardie miljoene heen, kan iemand nie begin met ‘n petisie wat aandring om besonderhede te verskaf aan ons nie. Ek sien in ander lande bereik hul sukses met petisies.

Hans Onrust ·

Feitlik al die ‘goeie doele’ beslis HRW, Amnesty Int en dat soort, is vreetpartijen voor links geboefte en optree middels die impuls van belastingverligting as spreekbuise van (s) linkse regerings in ‘n see van burokrasie in ‘n bootjie van eie belang.
Van hierdie soort skrape daar geen die stembande oor die mensonterende toestande in die Regenboognatie. Dit kom omdat dieselfde financierders uit sit.

Hier bedek die massamedia (teen die wil van die meerderheid in) 24/7, met HRW as regverdiger, die hele boel met eensydige pulp oor Sirië, om die aandag af te lei van die redding van die banke. Nederland het ABN AMRO vir 22 miljardgekoop, is nou nog 7 werd maar daar is geen koper. Nog even wag en ek koop hierdie bank hehe.

Die merk Mandela is terloops ‘n riskante belegging en het die beste tyd gehad. Slegs lui opgeknoopt aan die deur die anc diktatuur gesloopte Rand en misdadigers uit die onmiddellike omgewing wil / moet daar nog induiken.
Die Valke mag winnie wel volg, word nog die spyker aan die ou Xhosa z’n kis èn sy vermoë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.