Die polisie in die Oos-Kaap wil steeds geen verdere inligting bekendmaak oor die moord Maandagmiddag op ʼn bejaarde paartjie naby Fort Beaufort nie.
Die polisie het op ʼn oproep oor ʼn huisbraak reageer toe hulle op die paartjie se liggame afgekom het by hul huis in Alice. Volgens die polisie was daar geen teken van forseerde toegang nie. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie. Ao. Bradley Rawlinson sê hulle kan in die stadium geen verdere besonderhede oor die voorval bekendmaak nie aangesien die ondersoek in ʼn baie sensitiewe stadium is.