Die polisie het oor die naweek 64 mense in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem op aanklag van verskeie misdrywe.
Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê die spesiale operasie het Vrydag begin en Sondagoggend tot ʼn einde gekom. “Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir besigheidsroof, ses vir roof, een vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, drie vir diefstal uit motors, twee vir gewapende roof, een vir die rig van ʼn vuurwapen, ses vir die besit van dagga, vier vir die besit van gesteelde goedere en 17 vir winkeldiefstal.” Hy sê die oorblywende verdagtes is onder meer vir die besit van vervalste DVD’s, aanranding, die verkoop van drank sonder ʼn lisensie, bedrog en vir bestuur onder die invloed van alkohol in hegtenis geneem. Mbele sê meeste van die verdagtes sal Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Waneer doen hulle Hamanskraal daar is baie gesteelde motors wat nie eens deur Netstaar opgespoor kan word nie al het hulle n sein gekry. Ondersoek hulle ook somer. Hul werkers het dit geinstaleer. Jul moet goed skoonmaak. En bewys dat jul kan sodat ons weer vertroue kry