Polisie vang 193 KZN-‘misdadigers’

Argieffoto

Die Durbanse blitspatrollie en die honde-eenheid het glo die afgelope twee weke 193 vermeende misdadigers aangekeer.

“Vermeende moordenaars, motorkapers, persone wat by huise ingebreek het en persone wat gewapende rooftogte uitgevoer het, is aangekeer,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op 16 ongelisensieerde vuurwapens en 33 vermoedelik gesteelde voertuie. Die vuurwapens sal vir ballistiese toeste gestuur word om te bepaal of dit tydens enige misdade gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie ·

Dankie tog,iewers het die SAPD begin werk,baie dankie vir julle daar ,help ons Polisiemag,miskien kan hier ook iets gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.