Polisie vang 8 met R60 miljoen se dwelms

Ses mans van Nigerië en twee Suid-Afrikaanse vroue is in hegtenis geneem nadat dwelms met ʼn straatwaarde van sowat R60 miljoen in hul besit gevind is.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie het Woensdagaand in Pretoria by verskeie persele op Cat en kokaïene beslag gelê.

“Die polisie is na verskeie persele in Centurion en Sunnyside geneem deur ʼn verdagte wat vroeër die dag in hegtenis geneem is,” het Dlamini gesê.

“Sewe mense is gevolglik in hegtenis geneem na dwelms in hul besit gevind is. Die polisie het ook op twee skootrekenaars beslag gelê wat vermoedelik vir 419-slenters gebruik is.”

Die verdagtes gaan na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maryna Mienie ·

Mense wat met dwelms gevang word, moet summier gehang word, Hulle verwoes honderde lewens
en voel absoluut niks nie, DIT IS NET DIE GELD WAT TEL.

MOORDENAARS!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.