Polisie vang ‘gewelddadige misdadiger’ ná hy ontsnap

ʼn Man wat met 13 gewelddadige misdade verbind word, is weer in hegtenis geneem ná hy uit aanhouding by die Protea Glen-polisiestasie in Soweto ontsnap het.

Volgens luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het die polisie die verdagte, Sifiso Kunene, Maandag by die Nancefield-hostel vasgetrek. Die polisie het sy kar by die hostel opgemerk en gaan ondersoek instel.

“Hy wou weg hardloop en is in die been gewond. Hy is onder die polisie se toesig in ʼn plaaslike hospitaal,” het Dlamini gesê.

Kunene het op 19 April in die Protea-landroshof verskyn en het drie dae daarna uit die polisieselle ontsnap. Hy was veronderstel om na Paulpietersburg in KwaZulu-Natal vervoer te word, waar hy teregstaan op twee aanklagtes van moord en verskeie aanklagtes van gewapende roof. Hy gaan nou ook van ontsnapping aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.