Polisie vas wat glo dagga uit stasie steel

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiebeamptes van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat hulle glo 10 swartsakke dagga waarop die polisie beslag gelê het, uit ʼn polisiestasie gesteel het.

Lwandile Sicwetsha, ’n provinsiale woordvoerder vir veiligheid, het Dinsdag gesê die twee polisiebeamptes het Maandag in die Mount Frere-landdroshof verskyn.

Sicwetsha het gesê die beamptes is verlede Donderdag in hegtenis geneem nadat 10 swartsakke dagga in hul besit gevind is. Dié dagga is uit die Mount Frere-polisiestasie gesteel.

Hul saak is tot Donderdag uitgestel wanneer hulle na verwagting gaan aansoek doen om borgtog. Die beamptes bly in polisieaanhouding tot dan.

LUR Helen Sauls-August het die polisie vereer vir hul speurwerk wat tot die twee beamptes se inhegtenisname gelei het, en sodoende te sorg dat korrupsie hok geslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert Malan ·

Whaaaaaaaaaahaha, julle twee dom etters! Crime does not pay!!!! Kry vir julle.

Justi ·

Goed gese Gert. Hoop daardie twee krimenele wat hul self “polisie” noem sit lank in die tronk.

JAVR ·

Die dagga is maklik om agter te kom want dis groot sakke. Wat is nog daar weg wat hulle nie eens van weet nie? Gaan tel die wapens, gelkd, juwele ens dan gaan nog ‘n paar tronk toe! Dit is regtig nie eens ‘n verrassing nie en dis soooooo tragies dat ‘n land nie eens meer geskok kan word omdat hulle polisie en metro polisie so korrup is nie. Dis eintlik tragies!

Johan Viljoen ·

Hou dop, een van hierdie mooi dae is een die hoof van misdaadbekamping en die ander een minister van polisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.