Polisie vat R11 miljoen by boer oor renosterstropery

Foto: SAPD

Die polisie het Vrydag beslag gelê op nagenoeg R11 miljoen se bates van ʼn wildboer van Thabazimbi wat agt jaar tronkstraf uitdien weens renosterstropery.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê in ʼn verklaring die Valke, nasionale vervolgingsgesag en die departement van omgewingsake se beslagleggingseenheid het gister op Jacques Els (40) se plaas Doornhoek toegeslaan. Mulaudzi sê Els het na bewering die bates deur misdaad verkry. Die polisie het onder meer beslag gelê op Els se Toyota Fortuner, Toyota Hilux-bakkie, twee motorfietse en huishoudelike goedere. Daar is ook beheer oorgeneem van Els se twee bankrekeninge. Els is sowat twee weke gelede tot agt jaar tronkstraf gevonnis weens renosterstropery. Hy is ook ʼn boete van R1 miljoen opgelê. Volgens Mulaudzi het Els tussen 2009 en 2010 in minstens 38 renosterhorings handel gedryf. Hy het nie die nodige permitte gehad nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.