Polisie verdedig 40% wat nie kan bestuur nie

Dit is glo nie meer ʼn vereiste vir ʼn nuwe polisiebeampte om ʼn bestuurderslisensie te hê nie.

Die Gauteng-polisie het die sowat 40% beamptes, nagenoeg 12 000, verdedig nadat dit aan die lig gekom het dat hulle nie bestuurderslisensies het nie.

Gauteng-polisie het in 2009 die vereiste laat vaar dat nuwe rekrute bestuurderslisensies benodig, berig EWN. “Die persepsie dat dié beamptes die heeltyd agter ʼn tafel sit, is onwaar,” het die polisie gesê.

“Beamptes wat nie lisensies het nie, word gebruik as bemanningslede in reaksievoertuie wat gelisensieerde bestuurders het. Hulle word ook gebruik by kliëntedienssentrums as selwagte, hospitaalwagte, hofordonnanse en as beamptes by slagoffer-bemagtigingsentrums,” het die polisie in Gauteng gesê.

Maroela Media het vroeër berig Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het aan die DA bevestig dat 38% van polisiebeamptes nie ‘n motor kan bestuur nie. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.