Polisie verjaag Malema glo uit Marikana

Julius Malema

Die polisie het die geskorste ANC–jeugligaleier, Julius Malema, Maandagmiddag uit Marikana “gejaag”.

EWN het om 14:20 op Twitter geskryf: “#Lonmin Malema has been chased out of Marikana by police.” [Malema is deur die polisie uit Marikana gejaag.]

Hulle het kort daarna getwiet: “Malema is now on the N4 towards Pretoria, still being followed by police.” [Malema is op die N4 onderweg na Pretoria, hy word steeds deur die polisie gevolg].

Maroela Media het vroeër vandag berig dat die Valke Sondag bevestig het dat hy aanklagte van aanhitsing tot geweld en intimidasie teen Malema ondersoek na die onlangse onrus by Lonmin se Marikana-myn en by ander myne in Noordwes en Gauteng.

“Ons ondersoek aanklagte wat deur Solidariteit teen Malema aanhangig gemaak is,” het McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die vakbond het aanklagte van aanhitsing tot geweld en intimidasie teen hom aanhangig gemaak. Die saak is na ons verwys en ons is tans besig om inligting bymekaar te maak om ons met die ondersoek te help.” Lees meer hier.

Meer inligting oor die onlangse gebeure volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.