Polisie veroordeel polisielid wat seks aan diens het

Die polisie het ʼn voorval waar ʼn polisiereservis en beampte van korrektiewe dienste seks gehad het by die Leratong hospitaal terwyl hulle aan diens was, ten sterkste veroordeel.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Vishnu Naidoo, het in ʼn verklaring gesê die reservis het haar kollegas verneder en dat haar afdanking moet dien as ʼn waarskuwing vir ander polisiebeamptes. Die Sowetan-dagblad het Maandag foto’s van die voorval op sy voorblad gedra met die opskrif “Sies!”. Naidoo het egter bygevoeg dat dit onsensitief was van die Sowetan om die foto’s te publiseer veral omdat kinders toegang het tot die dagblad. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid en die organisasie Media Monitoring Africa het ook sy ongelukkigheid uitgespreek oor die gebruik van die foto’s op die dagblad se voorblad. Die beampte van korrektiewe dienste is geskors en daar sal verdere stappe teen hom geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.