Polisie versuim om oupa wat ‘bedwelm’, ‘verkrag’ te vang

Foto: Dumisani Sibeko, The Star

ʼn Man wat glo gereeld sy 14-jarige kleinseun bedwelm en verkrag het, is nie in hegtenis geneem nie, aangesien die Roodepoortse polisie glo nie dokumente ingedien het nie.

Die tiener het verlede jaar vir drie maande by sy stiefoupa in sy huis in Roodepoort gaan bly toe sy ma finansieel gesukkel het, berig The Star. Almal was glo tevrede met dié reëling, aangesien die oupa welbekend is en al in talle saketydskrifte verskyn het.

Die bejaarde man het glo die seun se aandetes gedokter en kameras in elke vertrek installeer.

Die seun het sy ouma gekontak en oor ongemak gekla. Hy het die ongemak aanvanklik aan inwendige wurms toegeskryf. Hy het ook gesê dat hy “vreemde drome” oor sy oupa het.

Die gesin het die tiener na ʼn dokter geneem en die saak by die polisie aangemeld. Die ondersoekbeampte by die Florida-polisiestasie het glo nagelaat om die betrokke dokumente te voltooi om forensiese bewyse te bekom wat die man met die misdade sou verbind.

Klik hier om meer te lees.

The Star het in ʼn aparte storie berig dat die polisie in Alexandra glo geweier het om ʼn saak teen drie seuns, onderskeidelik sewe, agt en nege jaar oud, aanhangig te maak nadat hulle glo ʼn sewejarige dogtertjie verkrag het. Die dokter wat die kind ondersoek het, kon nie penetrasie bevestig nie, maar het gesê die kind het snye en ʼn infeksie aan haar geslagsdele.

Die polisie wou glo nie ʼn saak oopmaak nie, omdat die beskuldigdes kinders is.

Lynne Cawood, woordvoerder vir Childline, het gesê dit is noodsaaklik om die graad waartoe die kinders ʼn kriminele gedagtegang openbaar het, te evalueer. Cawood sê die aanranding is krimineel en die polisie moet daarvolgens reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.