Riaan Muller (7) ʼn gr. 1-leerling in Jim Fouche Laerskool, is ʼn paar jaar gelede met ʼn terminale siekte diagnoseer. Sy droom is om ʼn polisiebeampte te word en hy wou graag sien met lede van die polisie gesels oor hul daaglikse taak en om ʼn pretrit in hul voertuig te geniet. Riaan en sy ma is Saterdag na die Golden Cloud Spur in Bloemfontein toe twee polisiebeamptes skielik by hulle aansit. Riaan was oorstelp van vreugde en hulle het oor polisie-wees en die rol van die polisie in die gemeenskap gesels.
Ao Jan de Beer en ao Anneke Raath, het Riaan as ʼn kampioen vir die Parkweg-polisiestasie aangeneem en hom met ʼn polisie-embleem met sy naam daarop toegerus.
Reach for a dream Foundation is ʼn nie-regeringsorganisasie wat poog om die drome van kinders tussen die ouderdomme 3 en 18 wat met terminale siektes diagnoseer is, te vervul. Die organisasie glo dat geen kind sonder hoop moet leef nie en dat elke kind die geleentheid gegun moet word om te droom.