Polisie vervul siek kind se droom

v.l.n.r. Joey Muller(Riaan se ma), Riaan Muller, ao Anneke Raath en ao Jan De Beer.

Die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein het, in samewerking met die Reach for a dream Foundation, die droom van ʼn 7-jarige seun vervul.

Riaan Muller (7) ʼn gr. 1-leerling in Jim Fouche Laerskool, is ʼn paar jaar gelede met ʼn terminale siekte diagnoseer. Sy droom is om ʼn polisiebeampte te word en hy wou graag sien met lede van die polisie gesels oor hul daaglikse taak en om ʼn pretrit in hul voertuig te geniet. Riaan en sy ma is Saterdag na die Golden Cloud Spur in Bloemfontein toe twee polisiebeamptes skielik by hulle aansit. Riaan was oorstelp van vreugde en hulle het oor polisie-wees en die rol van die polisie in die gemeenskap gesels.

Ao Jan de Beer en ao Anneke Raath, het Riaan as ʼn kampioen vir die Parkweg-polisiestasie aangeneem en hom met ʼn polisie-embleem met sy naam daarop toegerus.

Reach for a dream Foundation is ʼn nie-regeringsorganisasie wat poog om die drome van kinders tussen die ouderdomme 3 en 18 wat met terminale siektes diagnoseer is, te vervul. Die organisasie glo dat geen kind sonder hoop moet leef nie en dat elke kind die geleentheid gegun moet word om te droom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.