Polisie: ‘Vorster-moord was nie sluipmoord’

Die polisie in Gauteng sê daar is geen bewyse dat die moord op die voormalige krieketspeler, Louis Vorster, ʼn sluipmoord was nie.

Vorster (46) is Dinsdagmiddag by ʼn vulstasie in Muldersdrift doodgeskiet. Daar is vroeër berig dat Vorster glo ʼn sakkie diamante by hom gehad het en dat dit moontlik die rede was vir die aanval. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Tshisikhawe Ndou, het ʼn beroep gedoen op mense met inligting om na vore te kom. Ndou sê dit is nog nie duidelik of Vorster wel diamante by hom gehad het nie. “Indien enigiemand weet wat in die pakkie was moet hulle die polisie kontak.” Volgens die polisie het Vorster die vulstasie probeer verlaat toe twee mans in ʼn Volkswagen sy weg geblokkeer het. Een van die mans het na Vorster se venster geloop en hom doodgeskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. Die ander man het na die passasierskant geloop waar hy ʼn pakkie gegryp het voor hulle op die vlug geslaan het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike ·

Ek dink sy moordenaars is ingelig toe hy geld by die bank getrek het, al sy informasie is beskikbaar gestel aan die rowers en hy is dopgehou en agtervolg tot waar hy beroof en vermoor is. Die pakkie wat gebuit is is kontant geld wat hy by die bank getrek het.

Paul ·

Dis vir my mooi om te sien dat Maroela Media nie dieselfde fout as die Beeld begaan het deur die motor van die boosdoeners te beskryf as ‘n VW Polo GTI nie. Op die kringtelevisiemateriaal is dit duidelik dat die motor ‘n VW Golf 6 is, waarskynlik ‘n FSI-model, te oordeel aan die wiele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.