Polisie vra getuies ná ongeluk drie lewens eis

Saps-ls10-320x224Die Vrystaatse polisie het Vrydag ʼn beroep gedoen op ooggetuies wat moontlik op 2 November ʼn ongeluk, wat die lewens van drie mense geëis het, naby Kimberley sien gebeur het.

Lt.kol. Annelie Wrensch sê die ongeluk het omstreeks 02:30 op die Nelson Mandela-brug in die rigting van Kimberley plaasgevind.

“ʼn Wit BMW en ʼn silwer Opel Astra was in die botsing betrokke. Al die insittendes in die Astra, twee mans en ʼn vrou, is dood. Die bestuurder van die BMW het geringe beserings opgedoen,” het Wrensch gesê.

Enigiemand met meer inligting oor die ongeluk, word versoek om a.o. Anton Bowman by 082 468 1624 of 051 507 6000 te skakel. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.