Polisie vra swaar vonnisse vir drie wat oues bedrieg

hofhamertjie3Die polisie in Limpopo sê ʼn vrou en twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle bejaarde mense bedwelm en vir dood agtergelaat het ten einde hulle te bedrieg, swaar gevonnis moet word vir hul beweerde misdade.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Thomas Mothwa (43), sy vrou Refilwe (41) en hulle vennoot Jan Mohlala (58) sal Maandag in die hooggeregshof in Polokwane verskyn. Hy sê hulle verhoor het in Februarie 2012 begin en staan nou na ʼn einde se kant toe. Die drie staan tereg op 53 aanklagte waaronder moord, poging tot moord, roof, bedrog, diefstal en die besit van dwelms. Mulaudzi sê die egpaar het glo bejaarde persone naby banke in Limpopo en Noordwes voorgekeer en gemaak asof hulle hul ken. Hulle het dan glo aangebied om die bejaarde persoon ʼn saamrygeleentheid te gee en hulle dan bedwelm. Wanneer die bejaarde persoon sy of haar bewussyn verloor het, het die egpaar glo hulle bankkaarte en identiteitsdokumente gesteel. “Die slagoffers is langs die pad afgelaai of van ʼn brug af in ʼn rivier gegooi en vir dood agtergelaat.” Mohlala het die egpaar glo gehelp om geld uit die slagoffers se bankrekeninge te onttrek. Minstens vier bejaardes is dood en twee word steeds vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek staan verstom oor al die wreedheid, veral wanneer dit by kinders en bejaardes kom.

Wat my ietwat omkrap, waarom het die polisie hulself nog nooit ten sterkste uitgespeek wanneer dit kom by wreedheid teenoor blankes, meer nog, plaasmoorde ?

Ek stem, die swaarste straf denkbaar moet van toepassing wees op ALLE verkragters en moordenaars.

GawieM ·

Na 53 aanklagtes word hulle eers gevang? Is dit nou die land wat volgens stort kop veilig is?

Justi ·

Ria ek stem saam met dit wat jy se.

Gawie, ek nou so gelag vir die “stortkop” opmerking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.