Polisie waarsku bankkliënte teen nuwe slenter

Die polisie in Noordwes sê mense wat van internet-bankdienste gebruik maak moet op hul hoede wees vir ʼn nuwe selfoon slenter.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Adele Myburgh, sê ʼn persoon ontvang ʼn SMS-boodskap van ʼn soortgelyke nommer as die een van waar die bank sy kennisgewings stuur. Die boodskap sal beweer dat daar ʼn probleem is met jou rekening en dat ʼn “konsultant” binnekort met jou kontak sal maak. Myburgh sê wanneer die “konsultant” jou kontak vra hulle dat jy persoonlike inligting soos jou rekeningnommer bevestig en vra dan watter selfoon model jy gebruik. Sy sê die bedrieërs kontak dan jou selfoon verskaffer en doen ʼn simkaart omruiling waarvolgens ʼn foon se simkaart met ʼn ander een geruil word en die nommer behoue bly. Die bedrieër maak dan van die nuwe simkaart gebruik om kennisgewings van die bank te kry en dus toegang tot ʼn persoon se fondse te verkry. Myburgh sê teen die tyd wat ʼn persoon besef sy simkaart werk nie meer nie is die geld reeds uit sy rekening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.