Polisie wás glo gewaarsku oor Bostonse bomontploffings

Foto: Twitter

Dit blyk uit voordragte voor die Kongres se veiligheidskomitee dat ‘n plaaslike intelligensie-agentskap die polisie enkele dae voor die Bostonse marathon gewaarsku het dat die eindpunt van die marathon ‘n teiken kan wees vir terroriste.

Die federale intelligensiedienste gebruik nou die besaan van hierdie verslag as verweer teen beskuldigings dat hulle nie hul werk na behore gedoen het nie, berig die Los Angeles Times.

Groot frustrasie heers egter onder die polisie en die politici omdat die inligting wat voorsien is, bykans geen besonderhede bevat het nie, en boonop geëvalueer is as dat die betroubaarheid nie bepaal kan word nie.

Die hoof van die Bostonse polisie, komm. Edward Davis, het aan die komitee gesê hy het eers ná die bomontplofings, toe Tamerlan Tsarnaev, deur die veiligheidsmagte doodgeskiet is, van Tsarnaev se bestaan uitgevind het. Hy sou baie graag vooraf wou weet daarvan dat Tsarnaev voorheen deur die FBI ondersoek is.

Tsarnaev en sy broer, Dzhokhar Tsarnaev, het glo op 15 April twee bomme by die eindpunt van die gewilde Boston-marathon laat afgaan. Drie mense is dood en meer as 264 is beseer. Tsarnaev is tydens ‘n skietgeveg met die polisie doodgeskiet en Dzhokhar is vyf dae ná die voorval aangekeer.

Lees ook:
Begraafplase weier Boston-bomplanter se lyk
Familie verdeeld oor Boston-verdagtes
Boston-marathon: Tweede verdagte vasgetrek
Boston-bloedbad: Verdagtes is broers
Boston-ontploffing: Vermeende verdagte dood
Polisieman by Boston-kampus doodgeskiet
Foto en video: Verdagtes in Boston-bloedbad
Boston-marathon: Drukpotte as bomme gebruik
Boston-bloedbad: SA beseerdes was toeskouers
Boston: Twee SA’ners beseer in ontploffing
Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.