Polisie weet nie van rondloperleeu nie

Argieffoto

Die polisie in Limpopo het Donderdag gesê hulle is nie bewus van enige rondloperleeu in Makhado (Louis Trichardt) nie.

“Ons het navrae ontvang oor ‘n leeu. Ek was met Maano Sedike, woordvoerder van die Makhado-polisie, in verbinding. Ons is nie bewus van enige rondloperleeu nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Agence France Presse het berig dat ‘n leeu uit ‘n privaatwildreservaat ontsnap het en inwoners van Makhado al vir ‘n week lank terroriseer. “Ons is in kennis gestel dat ‘n mannetjiesleeu by Safari Lodge buite Makhado verlede week ontsnap het,” het polisiewoordvoerder Nechindamatsi Marubeni volgens AFP glo gesê. “Die leeu is Woensdag laas gesien en ons soekparty het nog nie die leeu kon vang nie,” het AFP verder vir Marubeni aangehaal. Hy het glo ook gesê “dit is ‘n uitgegroeide mannetjie met ‘n groot kop”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.