Polisiebakkie wat mense vervoer was glo vir welsynswerk

Die foto wat op Facebook gepubliseer is.

Die foto wat op Facebook gepubliseer is.

ʼn Foto van ‘n amptelike polisiebakkie, waarin dit blyk of die voertuig gebruik word om lede van die publiek te vervoer, maak opspraak op sosiale media nadat die foto op 10 Oktober op Facebook gepubliseer is.

ʼn Beampte van Vaal Emergency Care het die foto op Facebook gelaai en teen Maandag het meer as 283 mense dit gedeel en negatief daarop reageer. Vaal Emergency Care het gesê die foto is omstreeks 17:55 op die R57-pad buite Heilbron geneem.

Maroela Media het die foto na die Vrystaatse polisie gestuur vir kommentaar. Brig. Billy Jones, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die bestuurder van die bakkie is die uitvoerende hoof van ʼn liefdadigheidsprojek “A Child in Sport is a Child out of Court”. “Hy is ʼn goedgekeurde polisiebestuurder en was aan diens toe die foto geneem is,” het Jones gesê. Hy het gesê dit is kinders en rolspelers wat agter op die voertuig sit, en is deel van die projek wat sedert 2008 in Heilbron gehou word om kinders te weerhou om aan bendeverwanteaktiwiteite deel te neem. “Die projek word ten volle deur die gemeenskap ondersteun asook die departement van onderwys.”

Kinders neem deel aan die "A Child in Sport is a Child out of Court"-veldtog

Kinders neem deel aan die “A Child in Sport is a Child out of Court”-veldtog

“Toe die foto geneem is, het die bestuurder die kinders en rolspelers na hul oefening geneem. Die opleidingskedule behels daaglikse oefeninge van kinders van verskeie skole in Phiritona, Heilbron. Die oefeninge vind by die polisiestasie plaas,” het Jones bygevoeg.

Jones sê die bestuurder het niemand rondgery vir vergoeding of betaling nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Fransie ·

Ok ……. sê dit is waar – die bestuurder wat die hoof van wie en wat is het in elk geval die wet oortree – die bakkie is duidelik oorlaai en die passasiers sit baie gevaarlik – dit is teen die wet om mense so te vervoer – ek weet – my werkgewer het ‘n boete van R900.00 gekry omdat 1 van sy werkers nie op sy bas agter op die bakkie wou sit nie en het toe op die kant van die bakkie gesit – so die storie agter die foto bly BS in hoofletters hetsy watter kant toe dan ook nou !!!!!!

stephanie moolman ·

goed en wel, maar dis onwettig en gevaarlik om mense op n oopbakkie te vervoer asook is die bakkie oorlaai.

Trudie ·

Die bakkie was onwettig oorlaai. Mense mag nie op die kante sit as die bakkie beweeg nie. Maar jy sal hulle koppe nie gedraai kry nie. Hulle het altyd antwoorde en hulle is altyd reg. “die wet van Transvaal”!!

Trudie ·

Hoekom moet my kommentaar verander word. Daar is niks verkeerds aangehaal nie!!!

Johan ·

n Goedgekeurde polisie bestuurder??? Wys jou wat weet die poliesie van die wet af!!! Daai bakkie was baieeee duidelik oorlaai e baieeee onveilig ook!!! Welsyn??? Die belasting betaler se geld gaan vir welsyn??? Hellooooo….Ek sal vir welsyn gee waar en wanner ek wil!!!! Julle kan nie sommer net vat nie!!!

Gerrit Valentine ·

Wys Jou weereens wat die Polisie van Beroepsveiligheid en die Padverkeerswet weet. Hulle is veronderstel om ‘n voorbeeld te stel!

Jackie ·

Die Polisie behoort hulle te skaam om so blatante leun te verkondig, en die wet te veronagsaam…….boonop kan jy duidelik sien, die wat aan die oefening deelneem, lyk meer of hulle oefen vir ‘n uitklarings-parade. Hoe ookal, HEELTEMAL TEEN PADGEBRUIKERS REGULASIE, PUNT!!!!!!!!!

Jasper ·

Daar was weer n party iewers. Polisieman moenie kom str,,nt vertel nie

InaT ·

Amen op al die kommentaar. Feit bly dat padreëls duidelik oortree is.

Stoere Boer ·

Moet sê klere waarmee hulle ry lyk beslis nie soos oefen klere. Ag vergeet ek hulle word daarmee uitgereik by die stasie en dan word alles weer ingeneem om gewas te word

Ronel Storm ·

Ja right. As die voertuig nou in n ongeluk was en daar het van daardie kinders gesterf, wie sou dan die blaam gedra het? Ek weet van plaasboere wat vir growwe nalatigheid aangekla was vir soortgelyke
oortredings waar voertuie sleg oorlaai was, soos bogenoemde voertuig.

Verduidelik dit eers vir my sodat ek dit ook met my platkop kan verstaan. Oud polisievrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.