ʼn Polisiebeampte wat van moord aangekla word nadat hy glo ʼn vrou buite die Kempton Park polisiekantoor doodgeskiet het, is afgedank na ʼn dissiplinêre verhoor.
Sers. Manape Phineas Kgoale (38) is op 31 Augustus deur die komitee skuldig bevind. Volgens ʼn polisiewoordvoerder, kol. Tshisikhawe Ndou, het Kgoale nie tydens die verhoor gepraat nie en is die kwessie tot Maandag uitgestel vir hom om sy dade te verduidelik. Hy sê die dissiplinêre komitee se bevinding sal nie ʼn invloed hê die strafregtelike saak nie. Kgoale het na bewering op 26 April die 45-jarige Jeanette Odendaal buite die Kempton Park polisiestasie doodgeskiet. Kgoale het in sy beëdigde verklaring gesê hy het gedink Odendaal was ‘n kaper of ʼn motordief nadat sy teen ʼn stilstaande polisiemotor gebots het. Kgoale verskyn weer op 12 Oktober in die Alberton landdroshof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Nou word hy nie van moord aan gekla nie dit is mos moord of is ek nou verkeerd