Polisiebeampte in boom opgehang

SAPD

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte, wat aan ʼn boom opgehang is, is langs die Midway-spoorwegstasie in Soweto opgespoor, het die Gautengse polisie Donderdag gesê.

“Hy was ʼn 51-jarige adjudant-offisier by die Orlando-polisiestasie,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Ons doen ʼn geregtelike doodsondersoek omdat ons nog nie weet wat gebeur het nie.”

Die polisiebeampte is liggaam is Woensdagaand aangetref.

Sy familie het versoek dat sy naam nie aan die publiek bekend gemaak moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

akram ·

Dis tragies. dalk deel van n komplot, of dalk het n komplot gesien?

GawieM ·

Die optrede van die polisie kan mens net nie ander as om te dink dat korrupsie iets hiermee te doen het nie.

Elsabe ·

In ‘n digbevolkte area, sien niemand dan niks?
As hul soveel vir hul eie mense omgee, hoeveel minder vir ons wittes?
Sou mense konkoksies oor die feesseisoen drink wat hulle tot moord laat neig?
Is ek verkeerd as ek se dat honderdvoudig meer gruweldade gepleeg is oor hierdie seisoen of word dit net meer bekend gemaak?
Ek dink nie daar sal enige verbetering aan die geweld-situasie in ons land wees in 2014 en vorentoe. Dit is Afrika en so sal dit bly en verder ontwikkel.

At ·

Ai tog, n poliesieman word vermoor en sekere witmense sien sommer dadelik dat hy met kriminele berywighede besig was soos n krimineel.
Eben, kyk in die woordeboek wat beteken “dial”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.