Polisiebeampte deur kollegas doodgeskiet

ʼn Polisiebeampte is doodgeskiet en twee van sy kollegas gewond nadat ander polisielede hulle as rowers aangesien en op hulle losgebrand het.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het plaasgevind nadat drie mans ʼn winkel in Hillbrow, Johannesburg probeer beroof het. Een van die mans is deur die polisie in hegtenis geneem terwyl die ander twee ontsnap het. Die drie polisielede, wat nie polisie-uniforms aangehad het nie, het die verdagtes agternagesit. Een van die verdagtes het op hulle losgebrand en ‘n beampte in die nek geskiet. Die ander twee beamptes het die skieter verder agternagesit waarna hulle deur ander polisielede voorgekeer en ook as rowers aangesien is. Die polisielede het op hulle kollegas losgebrand en een beampte (31) doodgeskiet en die ander beampte (30) gewond. Die twee beseerde polisiebeamptes is in ʼn ernstige toestand na die Milpark-hospitaal geneem. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.