Polisiebeampte dood ná hy broer wou help

‘n Polisiebeampte is Sondagaand in Johannesburg doodgeskiet nadat hy sy broer, wat glo aangerand is, probeer help het.

Volgens luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, was Eric Mthanti (30) van diens af toe die voorval in Rondebult, Alberton, plaasgevind het.

“Mthanti het gereageer op ʼn oproep van sy broer, wat glo in ʼn bakleiery met twee mans betrokke was. Mthanti was besig om uit sy voertuig te klim toe verskeie skote op hom gevuur is. Hy is noodlottig gewond en is op die toneel dood verklaar,” het Dlamini gesê.

Die mans het sy dienspistool gesteel en weggehardloop. Hulle is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.