Polisiebeampte doodgeskiet in KZN

ʼn Polisiebeampte is Woensdagoggend in Howick, KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder, sê twee mans in ʼn wit Colt-bakkie het Woensdagoggend ʼn veiligheidswag by ʼn dieselstoorfasiliteit by Midmardam van sy selfoon en beursie beroof. Mdunge sê twee polisiebeamptes het die voertuig later in die area sien rondry waarna die insittendes op die polisiebeamptes losgebrand het. Een van die polisiebeamptes is kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die tweede beampte is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Die bakkie is later verlate gevind en daar is beslag gelê op ʼn 9mm-rewolwer en plofstof. Die verdagtes is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.