Polisiebeampte en sy vriendin dood aangetref

ʼn Polisiebeampte en sy vriendin is Vrydag dood aangetref in ʼn dokter se spreekkamer in Mdantsane, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Kapt. Mluleki Mbi sê die vrou was in haar 20s en die polisiebeampte 33 jaar oud. Die twee is glo met skietwonde aan die kop aangetref en ʼn vuurwapen het langs hulle gelê. Mbi sê niemand was ten tye van die voorval in die spreekkamer nie en verbygangers het omstreeks 12:00 die lyke opgemerk. Die vrou het as ʼn ontvangsdame by die spreekkamer gewerk en die polisiebeampte was ʼn lid van die reaksie-eenheid in Mdantsane. Die oorsaak van die voorval is nie bekend nie en die polisie het ʼn doodsondersoek gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.