Polisiebeampte gekaap, beroof

SAPS-keppieʼn Polisiebeampte is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap beroof en gekaap.

Volgens die polisie het die beampte Dinsdagaand by familie gekuier by ʼn huis in Tonjenistraat in Zwide. Nadat die beampte die huis verlaat het, is hy deur drie gewapende mans genader. Die beampte is gedwing om op die grond te lê en van sy beursie, huissleutels en selfoon beroof. Die mans het met die beampte se voertuig gevlug. Die voertuig is later by ʼn plaaslike hospitaal gevind. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.