Polisiebeampte geskiet ná man se onderonsie met skoonma

crime-scene-tape-320x191ʼn 33-jarige man is in Boksburg in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn polisiebeampte in die kop geskiet het tydens ʼn gewelddadige onderonsie met sy skoonma.

“Twee polisiebeamptes het op ʼn klagte van huishoudelike geweld in Dawnpark reageer. Die verdagte en sy skoonma was in die voorval betrokke,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, Dinsdag gesê.

Volgens Dlamini het die polisiebeamptes die verdagte gekonfronteer, waarna hy te voet van die toneel gevlug het. Die polisie het hom agternagesit.

“Konst. Harry Ngoepe het die man tot by ʼn oop stuk veld agtervolg terwyl ʼn tweede beampte met die polisievoertuig gevolg het. Die verdagte het na bewering vir Ngoepe in sy kop geskiet. Hy was reeds dood toe die ander polisiebeampte by die veld opgedaag het.”

Ngoepe se dienspistool is gesteel. Die polisie het aanhou soek na die verdagte en hy is later vasgetrek. Hy moet binnekort in die Albertonse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.