Polisiebeampte gevang met onwettige sigarette

Die bevelvoerder van ʼn polisiestasie is in Swartruggens, naby Rustenburg, in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van R135 000, het die Noordwes-polisie Vrydag gesê.

Omstreeks 23:00 Donderdag, het misdaadintelligensie en die eenheid teen georganiseerde misdaad op ʼn wenk reageer wat hulle na ʼn polisiebeampte se huis gelei het, het brigadier Thulani Ngubane gesê. Sewe-en-twintig bokse en 611 los pakkies sigarette is gekonfiskeer. Die polisiebeampte (43) en sy oom is in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die landdroshof in Swartruggens verskyn, het Ngubane gesê.

In nog ʼn voorval is ʼn winkeleienaar van Pakistan (28) Donderdag in hegtenis geneem vir die besit van 136 kartonbokse vol onwettige sigarette in Rustenburg se middestad. Die sigarette het ʼn straatwaarde van ongeveer R30 200 gehad, het Ngubane gesê. Die man sal Dinsdag in die landdroshof in Rustenburg verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.