Polisiebeampte gevonnis ná moord op skoonsus

ʼn Voormalige polisiestasie-bevelvoerder is tot 20 jaar lank tronkstraf gevonnis nadat sy haar skoonsuster vermoor het, het die Onafhanklike Klagteburo (ICD) Maandag gesê.

Moses Dlamini, woordvoerder vir die ICD, het gesê die voormalige stasiebevelvoerder van die Mtunzini-polisiestasie, lt.kol. Zodwa Zulu is Vrydag deur die hooggeregshof in Durban gevonnis. Sy is ook ʼn verdere agt jaar tronkstraf opgelê vir poging tot moord. Zulu is in Februarie deur die hooggeregshof in Vryheid skuldig bevind. Zulu het in September ná werk na Nongoma gery waar sy haar skoonsuster doodgeskiet het. “Die aangeklaagde het ook haar swaer geskiet en beseer en skote na haar skoonma gevuur,” het Dlamini in ʼn verklaring gesê. “Die aangeklaagde het deur die ruit na die slagoffers begin skiet en het toe deur die gebreekte venster in die huis ingegaan en aanhou skiet na die slagoffers.” Die ICD het die saak ondersoek nadat Zulu haarself aan die polisie oorgegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.