Polisiebeampte by haar huis doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior polisiebeampte van die Oos-Kaap is by haar huis in Elliotdale in King William’s Town doodgeskiet, het die polisie Woensdag gesê.

“Lt.kol. Nomalizo Dukumbana (53) is van agter geskiet toe sy Dinsdag omstreeks 19:40 van die werk af by die huis aangekom het,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, gesê.

Sy is op die toneel dood. Mense in die gebied het gesien hoe twee persone weghardloop. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Dukumbana het langer as 30 jaar in die polisie gedien en was van 2009 die stasiebevelvoerder van Elliotdale.

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, en lt.gen. Celiwe Binta, provinsiale kommissaris, het hul medelye met die familie betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.