ʼn Gautengse polisiebeampte gaan na verwagting Woensdag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy glo ʼn gesteelde bakkie bestuur het.
“Die 40-jarige adjudant-offisier, wat by die OR Tambo-polisiestasie in Kempton Park gestasioneer is, is Dinsdag tydens ʼn padblokkade in Bapsfontein in hegtenis geneem,” het Obed Sibasa, ʼn woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, gesê.
Die polisiebeampte was van Daveyton op pad na Kempton Park. Hy word aangekla van motordiefstal. Die polisie se voertuig-ondersoekeenheid in die weste van Pretoria ondersoek die saak verder.
“Gauteng se verkeerspolisie sal nie huiwer om enigiemand, ongeag wie hulle is, in hegtenis te neem as hulle die wet oortree nie,” het Sibasa gewaarsku.
Solank die misdaad element nie uit die polisie verwyder word nie sal misdaad in hierdie land by die dag toeneem. Daar gaan nie ‘n enkele dag om waar polisie nie by misdaad betrokke is nie. Hoe kan sulke mense die publiek teen misdaad beskerm. ONMOONTLIK.
Ek stem saam met jou Gawie
Mooi gese Gawie. As ons n ondersoek doen aangaande al die wetlike oortredings deur ons beskermings ligaam-SAP verlede jaar sal ons geskok wees.
Hoe vertrou n mens hulle?