Polisiebeampte in Klerksdorp gesteek, taxibestuurder geskiet

‘n Taxibestuurder is tydens ‘n onderonsie in Klerksdorp geskiet en ‘n polisiebeampte met ‘n mes gesteek.

“Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord nadat ‘n argument tussen ‘n 38-jarige beampte en ‘n 37-jarige taxibestuurder uitgebreek het,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Die taxibestuurder is glo versoek om van die pad af te trek nadat hy glo ‘n hele paar verkeersoortredings begaan het. Die polisiebeampte, wat aan diens was en in ‘n gemerkte amptelike voertuig gery het, het dié oortredings aanskou. Die bestuurder het afgetrek en ‘n hewige woordewisseling het tussen die twee uitgebreek. Die taxibestuurder het die mes uitgehaal en die polisiebeampte daarmee begin jaag.

“Die taxibestuurder het die beampte ingehaal en hom in die rug gesteek. Die beampte het sy vuurwapen uitgehaal en ‘n waarskuwingskoot in die lug afgetrek, maar die bestuurder het hom weer met die mes gesteek,” het Ngubane verduidelik. Die beampte het toe glo die taxibestuurder in die bors geskiet.

Lede van die polisie het kort daarna opgedaag en die twee is na hospitale in die omgewing geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.