Polisiebeampte in PE doodgeskiet

ʼn Polisiebeampte wat nie aan diens was nie, is oor die naweek in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kaptein André Beetge, ʼn polisiewoordvoerder, sê die beampte is vroeg Saterdagoggend buite ʼn kuierplek doodgeskiet.

“Hy was in ʼn kroeg toe hy ʼn oproep ontvang het. Hy het na buite gegaan om die oproep te beantwoord waarna hy vier keer geskiet is. Hy is in sy kop en nek geskiet en is op die toneel dood,” het Beetge gesê.

Die beampte is as konstabel Lindile Gacexa uitgeken wat by die New Brighton-polisiestasie gestasioneer was.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.