Polisiebeampte leef ná kitsbankrowers hom in die kop skiet

ʼn Polisiebeampte is in ʼn ernstig maar stabiele toestand in die hospitaal ná vier kitsbankrowers hom vroeg Donderdagoggend in Jouberton, naby Klerksorp in Noordwes, in die kop geskiet het.

“Die vier mans het vanoggend omstreeks 02:00 drie kitsbanke by ʼn winkelsentrum in die dorp opgeblaas,” het brigadier Thulani Nguban, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

‘n Polisiebeampte wat naby die sentrum bly het die ontploffings gehoor en die polisie ontbied. ʼn Sekuriteitsbeampte het ook alarm gemaak voor hy deur die vier mans oorrompel is.

“Die mans was met ʼn AK47-vuurwapen gewapen. Hulle het op die polisie losgetrek toe hulle op die toneel gekom het. Konstabel Tshepo Bandjies (29) is in die kop geskiet. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy tans in ʼn ernstig maar stabiele toestand is.”

Die vier mans het ontsnap en die polisie is steeds op soek na hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.