Polisiebeampte red baba se lewe

Thomas Dunn

Thomas Dunn

ʼn Polisiebeampte het ʼn bewustelose babaseuntjie by ʼn winkel in Manhattan, New York, se lewe gered.

Thomas Dunn het hom Sondag omstreeks 13:30 na die Rainbow-klerewinkel gehaas ná ʼn berig oor ʼn bewustelose kind, berig NBCNews.

Toe hy uit sy kar klim, het ʼn brandbestryder met die eenjarige seuntjie in sy arms gestaan, het die polisie gesê. Dunn, wat 10 jaar lank as ʼn paramedikus gewerk het, het die kind op die kattebak van sy patrolliemotor geplaas en twee keer op sy bors gedruk en twee asemteue gegee. Die kind het gesnak na sy asem en reeds begin asem haal toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die kind, wat saam met ʼn baba-oppasser was, is in ʼn stabiele toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en later ontslaan.

Die kind kry glo soms toevalle, berig News1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.