Polisiebeampte skiet meisie, self

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte by die Mahikeng georganiseerdemisdaad-eenheid het sy meisie geskiet voordat hy homself geskiet het, het die polisie in Noordwes Maandag gesê.

“Ao. Sachs Tlhowe Mothowagae is Maandagoggend omstreeks 03:45 lewend aangetref in ʼn motor by sy suster se huis in Welbedacht informele nedersetting naby Zeerust,” het brig. Thulani Ngubane gesê. “Dit wil voorkom of hy homself in die mond geskiet het.”

Mothowagae is na ʼn hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.

Mothowagae is glo vroeër dieselfde oggend na sy 42-jarige meisie se huis waar hy en die vrou laas gesien is toe hulle uit die huis uit gestap het. Sy is agter haar regteroor geskiet.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek wonder self Amy – wil net byvoeg, ‘n 42-jarige kan kwalik na verwys word as ‘n “meisie” ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.