Polisiebeampte skiet paartjie dood

SAPDʼn Polisiekonstabel is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy vroeër die dag ʼn vrou en haar kêrel naby Pretoria doodgeskiet het.

Die 27-jarige konstabel het Vrydagoggend die 21-jarige vrou en haar kêrel by die vrou se woning in Mabopane geskiet, waarna hy met sy amptelike diensvoertuig op die R101 (ou Warmbadpad) probeer vlug het. Die polisie het hom agterna gesit en later in hegtenis geneem.

Na wat verneem word, was die 21-jarige vrou die polisiekonstabel se voormalige meisie. Die konstabel het glo Donderdagaand die vrou saam met haar nuwe kêrel gesien, die vrou aangerand en van die toneel gevlug. Hy het Vrydagoggend teruggekeer en hulle geskiet.

Die konstabel bly in aanhouding totdat hy Maandag in die hof moet verskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trudie ·

O, dit is vreesaanjaend om te dink hoeveel vuurwapens in die verkeerde hande is. Ek wonder net hoeveel studie word gedoen op elke polisieman wat aansoek vir werk, se agtergrond. Want mens kan nie meer trots wees (en ek praat nie in die algemeen nie), op ons polisie en weermag nie.

Martie van graan ·

In die ou dae moes jy skoon wees maar vandag se dae, sal maar stilbly. ek verstaan hulle is onder stres, maar jou werk is jou werk.

wragtig ·

Dis tragies hoeveel polisie onskuldige mense dood skiet. Iets sal gedoen moet word om hulle te stop.

Martie van graan ·

Defnitief. moet daar iets gedoen word, ek is te bang om te skakel en te se ek is alleen hulle moet verby ry soos in die ou dae, jy kan nie meer nie.

Martie van graan ·

Dit is uiters skokkend jy kan op straat een koop vir R50.00

Johann Buys ·

So die Polisie jaag to die polisie op die Warmbad pad. Dis nou die kerels wat ons bel as ons in die moeilikheid is!

Vas Vat ·

Niks vreemd nie, die publiek het in elk geval geen meer respek vir die manne in blou nie.As ek een van hulle in my omgewing opmerk, hou ek hulle fyn dop.Hulle doel is om ons te beskerm, maar dit is beslis nie meer die geval nie.

Justi ·

Hulle is “veronderstel” om die publiek te beskerm? Nee wat……lyk my die publiek moet hulself teen die polisie beskerm….nie net teen die kriminele nie. Dis werklik skokkend.

wragtig ·

Martie, ek moet rerig in groot nood verkeer voor ek die polisie bel. Netnou skiet hulle my dood omdat ek hulle gepla het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.