Polisiebeampte skiet vrou, pleeg selfmoord

ʼn Polisiebeampte van Koster in Noordwes het Woensdag sy vrou geskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die 34-jarige sersant se vrou was op pad na die Koster-polisiestasie om ʼn klag van huishoudelike geweld aanhangig te maak toe hy haar voorgekeer het. “Die sersant het na sy vrou se motor geloop en sewe skote op haar afgevuur. Sy is in die lyf geskiet. Die sersant het homself hierna in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.” Sy vrou is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.