Polisiebeampte skiet vrou, pleeg selfmoord

ʼn 32-jarige polisiekonstabel het Sondag sy vrou doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg.

Oupa Boy Ntuli, van die provinsiale gesamentlike operasionele sentrum in Witrivier, Nelspruit,was glo in ʼn argument betrokke met sy vrou, Ntombifuthi Ntuli (26). Hy het haar toe met sy amptelike vuurwapen geskiet. Sy is op pad na die hospitaal oorlede. Ntuli is in hegtenis geneem en is toe by die polisieselle in Kanyamazane aangehou waar hy homself gehang het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek gelas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae