Luit.-Kol. Zandra Wiid, woordvoerder vir die polisie, het aan die Citizen-dagblad gesê dat die beampte op sy vrou gevuur het toe sy Woensdagoggend in ʼn motor buite die Oribi Plaza Mall gewag het. Hy het twee skote deur die motorruit afgevuur en haar in die kop getref. Hy het toe die geweer onder sy ken gedruk en die sneller getrek. Wiid sê die polisie ondersoek die beampte se motiewe. Die paartjie was ʼn maand lank getroud toe die voorval plaasgevind het.
Polisiebeampte skiet vrou, self
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.