Polisiebeampte steek glo man met mes

ʼn 45-jarige polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy ʼn man met ʼn mes gesteek het in ʼn kroeg in Noordwes.

Kapt. Adele Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisiebeampte en die 51-jarige slagoffer het glo saam by ʼn kroeg in Setlopo buite Mahikeng gedrink. “Die slagoffer is deur die polisiebeampte aangerand en in sy linkerskouer met ʼn mes gesteek. Die polisie is na die toneel ontbied en die slagoffer het die polisieman uitgewys as sy aanvaller. Die polisiebeampte is in hegtenis geneem.” Hy sal Maandag in die Mmabatho-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.