Polisiebeampte sterf

‘n Johannesburgse polisiebeampte wat in Hillbrow, Johannesburg, in ‘n skietvoorval betrokke was, het Saterdag in die hospitaal gesterf.

Die 32-jarige is geskiet toe hy en ‘n ander beampte drie mense in ‘n verdagte voertuig genader het. Een van die mans in die voertuig het op die polisiebeamptes begin skiet, en een beampte het op die toneel gesterf. “Die tweede beampte is na die hospitaal geneem waar hy Saterdagoggend aan sy beserings beswyk het,” het Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Intussen ondersoek die polisie in Gauteng die moord op twee ander beamptes in Vereeniging verlede naweek. Drie mans is na die voorval ondervra. Die twee beamptes is glo geskiet toe hulle na ‘n kapingstoneel ontbied is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.