Polisiebeampte vas na rooftogte

ʼn 45-jarige polisiebeampte van Piet Retief in Mpumalanga is in hegtenis geneem in verband met ʼn vlaag gewapende en sakerooftogte.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die sersant sal na verwagting Woensdag in die Piet Retief-landdroshof verskyn. Hy sê die polisiebeampte is Maandag in hegtenis geneem terwyl hy aan diens was. “Sy arrestasie volg op ʼn ondersoek deur die polisie na ʼn aantal gewapende en sakerooftogte aangemeld is.” Hlathi sê polisiebeampte was glo betrokke by gewapende en sakerooftogte in Piet Retief, Dirkiesdorp, Amsterdam, Mahamba en Pongola in KwaZulu-Natal. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Wanneer laas het daar ‘n dag verby gegaan sonder dat daar negatiewe berigte oor die polisie in die media veskyn het? Is die polisiediens daarop ingestel om te sien hoeveel misdade hulle self kan pleeg of wat is die problem? Waar skiet die polisie te kort? By die topbestuur, by die opleiding, by die keuring, die gebrek aan discipline of wat is werklik die oorsaak of word enige person wat nie ‘n ander werk kan kry nie, maar net eenvoudig ‘n polisiebeampte of het die polisiediens maar net eenvoudig ‘n kweekskool vir kriminele geword? Wanneer gaan die ANC wakkerskrik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.