Polisiebeampte vas oor moord op kollegas

SAPDʼn Polisiebeampte is in KwaDukuza naby Stanger, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op twee van sy kollegas.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die Valke het die 53-jarige beampte in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die KwaDukuza-landdroshof verskyn. Die verdagte se inhegtenisname kom nadat twee polisiebeamptes Saterdagoggend in KwaDukuza doodgeskiet is. Die beamptes het saam met twee kollegas van KwaMaphumulo teruggekeer toe hulle ʼn rooi voertuig langs die pad sien staan het en besluit het om ondersoek in te stel. Terwyl hulle nog in hulle motor was, het drie mans uit die bosse gekom en op hulle losgebrand. Die konstabel en studente-konstabel wat voor in die voertuig gesit het, is doodgeskiet.

Lees ook:
Moord op polisiebeamptes ‘barbaars’
Twee polisiebeamptes doodgeskiet in KZN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.