Polisiebeampte vas vir korrupsie

handcuffs3-320x257ʼn Polisiekonstabel is in hegtenis geneem nadat hy ʼn verdagte glo vrygelaat het en ʼn gesteelde televisie by hom gevat het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê die 27-jarige polisiebeampte word van korrupsie, regsverydeling en die besit van gesteelde eiendom aangekla. Die beampte is in hegtenis geneem nadat die polisie uitgevind het dat hy ʼn 22-jarige verdagte wat vir huisbraak in hegtenis geneem is, vrygelaat het. Mohlala sê die 22-jarige verdagte het tydens ondervraging ook erken dat hy by ʼn ander huisbraak betrokke was waartydens ʼn televisie gesteel is. “Hy het verder aan die polisie gesê dat die televisie glo deur die konstabel gevat is en dat die konstabel hom beveel het om ʼn staatsvoertuig te was voor hy hom vrygelaat het.” Mohlala sê die polisie het die bewerings ondersoek en bevind dat die konstabel reeds die televisie verkoop het. Beide verdagtes sal Vrydag in die Secunda-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.