Polisiebeampte verkrag glo minderjarige terwyl hy op borg is

ʼn Polisiebeampte van Pretoria, wat op borgtog vrygelaat is terwyl twee aanklagte van kinderverkragting teen hom ondersoek word, verskyn binnekort weer in die hof op ʼn soortgelyke aanklag.

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het Dinsdag gesê die beampte, ʼn adjudant-offisier, word daarvan verdink dat hy ʼn tienermeisie in Mamelodi, noord van Pretoria, verkrag het terwyl hy op parool uit was vir die ander twee aanklagte.

Moses Dlamini, Opod se woordvoerder, sê die 48-jarige beampte gaan binnekort in die Mamelodi-Wes-landdroshof verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy in April ʼn 13-jarige meisie verkrag het.

Die beampte het glo vir die slagoffer ʼn wegneemete by ʼn kitskosrestaurant gekoop waarna hy haar glo by sy huis verkrag het. Hy wou haar glo die volgende dag weer verkrag, maar sy kon daarin slaag om te ontsnap en het die voorval by die polisie aangemeld. Die beampte het homself ʼn week ná die voorval aan die polisie oorgegee.

Dlamini het aangedui die verdagte gaan vir borgtog aansoek doen, maar Opod gaan dit teenstaan.

“Buiten die laaste voorval, word die beampte daarvan verdink dat hy ʼn agtjarige meisie in KwaMhlanga in Mpumalanga verkrag het, asook ʼn 12-jarige meisie van Mamelodi-Oos,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

hu de duiwel laat hulle so iemand op borgtog vry. ek hoop haar familie sue die regter of landros.

Laetitia ·

Is dit hoekom die Polisiemag so lyk????Laat ek liewer my bek hou, want dit kook en borrel hier binne my. Hoe minder in die Kop AANGAAN hoe meer woel en verskaf dit tussen die bene !!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.