Polisiebeampte, vermeende dief sterf na skietery by stasie

‘n Polisiebeampte en ʼn verneemde dief is dood na ʼn skietery by ʼn polisiestasie in Middelburg in Mpumalanga.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt.kol. Leonard Hlathi, sê die 29-jarige man wat tydens die skietery dood is, is Vrydagmiddag vir diefstal in hegtenis geneem. Hlathi sê die vermeende dief het ʼn polisiebeampte se dienspistool gegryp en ʼn polisiebeampte, sers. Hennie Steyn (33), in die bors geskiet. Die vermeende dief is oomblikke later deur ander polisiebeamptes in die kantoor doodgeskiet. Steyn is na ʼn hospitaal in Middelburg vervoer waar hy ure later aan sy wonder beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.